JOIN OUR MAILING LIST
Testimonials

Danie van Dyk:
Ek was onlangs vir die derde keer deel van 'n groep wat op Phirima kon jag. Dit was 'n ongelooflike ervaring. Daar is meer wild as wat jy kan glo, en die vriendelikheid van die mense daar sal my lank by bly. Elke persoon wat saam met my die paar dae meegemaak het, sê steeds dit was die beste jag wat hulle nog ooit gehad het (en dit kom van jagters wat al vir baie jare in alle dele van Suider Afrika gejag het !!!) Baie dankie aan Thomas en sy span vir die memories!!

Pieter van Niekerk:
Vandat ek die eerste maal my voete in die rooi sand van Phirima gesteek het, vind ek dit baie moeilik om aan ‘n jagseisoen te dink wat nie op Phirima afskop nie. Ek het al baie gewonder waarom die plek my so fasineer, aangesien ek al wyd gejag het en baie plekke gesien het. Elke keer is die antwoord dat dit ‘n onvergeetlike ondervinding is. Die hele ondervinding maak dit spesiaal – die kwaliteit van die wild, die besondere terrein, die geleentheid om te kies hoe jy wil jag, die jag te voet wat uitdagend genoeg is maar tog genoeg geleenthede bied, die eienaars en personeel van Phirima wat elke redelike versoek probeer uitvoer, gerieflike akkommodasie, die stilte en vrede sonder selfone en TV, die heerlike aande om die kampvuur saam met vriende en nog baie meer. Baie dankie vir die geleentheid om elke jaar die Skepping hier te kan ervaar en geniet.



Submit your testimonial


Your Testimonial: *

Your name:

Your email address:
Back Back to top